Dokter Constant Jentz, 'n pas afgestudeerde dokter van Duitsland, gaan doen sy hospitaaljaar en die res van sy praktiese opleiding in Londen.
Hy raak bevriend met 'n gesellin en hulle vriendskap groei na 'n mooi platoniese vriendskap. Nadat hy 'n dokterskongres vir 'n week bygewoon het, vind hy uit dat sy net verdwyn het. Hy word gearresteer vir die moord op Lily. Gelukkig is daar 'n ooggetuie wat kaptein Ferguson kontak en sy getuienis...