Mirna en Nalene Boeson is 'n tweeling in die heksgemeenskap diep in die bosse in die noorde van die land, maar hulle verskil soos dag en nag. Mirna is stil en verantwoordelik, maar Nalene is gedurig in die moeilikheid, veral toe sy met swartmagkuns begin eksperimenteer. Nadat Nalene vir Suhara, die hoofheks, in 'n klip verander, moet hulle vlug vir hulle lewens. Om te keer dat Nalene ooit weer haar towerkrag kan gebruik, word sy vasgevang in Mirna,...