Met 'n rugsak oor sy skouer kom Jack Follet pas van die Amasone-rivier in Suid-Amerika by die dorp Parys teen die Vaalrivier, aan. In 'n supermark klap die beeldskone Beulah Senekal hom deur die gesig omdat hy kwansuis aan haar boud gevat het. 'n Polisie-offisier sien dat hy onskuldig is. Buite die supermark maak hy kennis met sy oorlede vader se jonger broer. By die se gasteplaas ontmoet hy die res van die familie. Hy en die beeldskone Beulah...