Skip to content
Scan a barcode
Scan
Paperback Flenterkind [Afrikaans] Book

ISBN: B0BMNXKZ1Q

ISBN13: 9798364068286

Flenterkind [Afrikaans]

'n Moetlees vir enige tiener - (en hulle ouers)

Flenterkind is die verhaal van die tiener, Janey Lee Roux wat die prototipe is van baie van hedendaagse jongmense. Haar ouers is geskei; haar pa het 'n nuwe liefde, haar ma is meestal op 'n planeet van haar eie en haar jonger broer is eintlik 'n pyn op 'n sekere onnoembare plek.

Janey worstel om haarself te vind en sy is sommer kwaad vir alles en almal. Gelukkig het sy 'n baie goeie vriendin in Lindie; predikantsdogter wat ook haar grense troef so ver as wat sy kan.

Maggie is 'n vaste rots in die Roux-kinders se lewe en die mooie Monique bewys haarself as 'n warm omgee-mens. Daar is ook 'n tikkie misterie; die Roux's se bure wat jy nooit sien nie. 'n Uitdaging vir Janey wat met tipiese jeugdige waaghalsigheid laat besluit om ondersoek in te stel. Met onverwagse resultate.

Janey word egter groot; sy ontdek dat die lewe haar eintlik niks skuld nie en tydens die proses ontmoet sy interessante mense; sy leer nuwe dinge en meer belangrik; sy vind haarself.

Flenterkind het 'n goeie skeut humor in. Asook drama, verrassings, hartseer en gelukkige eindes. Leesstof vir jonk en oud.

Recommended

Format: Paperback

Condition: New

$13.12
Ships within 2-3 days
Save to List

Related Subjects

Children's Children's Books

Customer Reviews

0 rating
Copyright © 2026 Thriftbooks.com Terms of Use | Privacy Policy | Do Not Sell/Share My Personal Information | Cookie Policy | Cookie Preferences | Accessibility Statement
ThriftBooks® and the ThriftBooks® logo are registered trademarks of Thrift Books Global, LLC
GoDaddy Verified and Secured