Skip to content
Scan a barcode
Scan
Paperback Drie Brawe Bytjies [Afrikaans] Book

ISBN: 1693046296

ISBN13: 9781693046292

Drie Brawe Bytjies [Afrikaans]

Hierdie storie gaan oor die bytjies wat altyd so besig is. Van douvoordag tot sononder was dit net ʼn gewerskaf. Honderde van hulle, wat op en af en oral oor zoem om die werk vir die dag gedoen te kry. Die koningin van die bye kon sien alles loop nie vlot nie. Daar was maar net nooit genoeg ure in die dag nie. Aan die einde van elke dag was almal pootuit en tog het dit gelyk of daar baie min werk gedoen is.Toe neem die koningin 'n besluit. Sy roep almal bymekaar om ʼn vrywilliger te kry wat bereid sal wees om raad te gaan vra by die feetjies, aan die anderkant van die Groot Blou Dam.Boepie, Bertie en Bassie is die enigste drie wat kans sien vir hierdie allamintige taak wat voorl . En so vertrek hulle, na deeglike opleiding deur Brutus die kwaai hommelby, met 'n roetekaart op die gevaarlike tog na die Groot Blou Dam. Gaan die drie brawe bytjies die raad inwin wat die byekoningin hulle gevra het, ondanks al die gevare wat hulle moet trotseer, of gaan hulle langs die pad verlore raak en nooit weer by hulle nes uitkom nie?

Recommended

Format: Paperback

Temporarily Unavailable

We receive fewer than 1 copy every 6 months.

Related Subjects

Children's Children's Books

Customer Reviews

0 rating
Copyright © 2025 Thriftbooks.com Terms of Use | Privacy Policy | Do Not Sell/Share My Personal Information | Cookie Policy | Cookie Preferences | Accessibility Statement
ThriftBooks ® and the ThriftBooks ® logo are registered trademarks of Thrift Books Global, LLC
GoDaddy Verified and Secured