Eleanor word as mediese student deur die liefde van haar lewe, dokter Carlos sonder verduideliking of rede agtergelaat. Sewe jaar later sterk haar moeder, Valery aan op Rossus Lodge, by Peet Russos, ʼn vriend van haar en Carlos. Dit is hier waar sy hom weer ontmoet. Carlos besef wat hy verloor het en dat sy die enigste vrou is wat sy hart hou. Eleanor, totaal onkant gevang deur Carlos se teenwoordigheid, laat haar egter glad nie van stryk bring nie. Sy is nou ʼn volwasse vrou en gekwalifiseerde dokter haarself. Sy is vasberade om hom nie weer naby haar toe te laat nie. Deur die naweek verkrummel haar weerstand egter en begin gesels sy weer met hom. Al stry hoe daarteen, begin hoop tog weer opvlam omdat Carlos alles in sy vermo? doen om haar hart weer te wen. Weereens verdwyn Carlos sonder taal of tyding. Eleanor is oortuig dat die verlede net besig is om dit self weer te herhaal. Terselfdertyd is sy kwaad vir haarself dat sy in haar hart na hom hunker. Sy aanvaar ʼn posisie by die Willow Green Hospitaal en probeer van Carlos vergeet deur harder as ooit te werk. Weereens verskyn Carlos Rodriquez sewe maande later soos ʼn skim. Sy probeer van hom ontslae raak deur hom af te jak dat net mediese personeel van die hospitaal daar mag wees. Tot haar skok vind sy die volgende dag uit dat hy die eienaar en mede-eienaar van die hospitaal is en dat hy die ander vyftig persent op haar naam registreer het. Op elke moontlike geleentheid plunder hy haar emosies deur haar vas te vang in sy vurige liefkosing. Gaan hy haar hart weer wen, en gaan sy die geskenk aan vaar?
ThriftBooks sells millions of used books at the lowest everyday prices. We personally assess every book's quality and offer rare, out-of-print treasures. We deliver the joy of reading in recyclable packaging with free standard shipping on US orders over $15. ThriftBooks.com. Read more. Spend less.