Skip to content
Scan a barcode
Scan
Paperback Die Heilige Koran: Die Heilige Koran vertaal in die Afrikaanse taal [Afrikaans] Book

ISBN: B08WJRX65Z

ISBN13: 9798708379801

Die Heilige Koran: Die Heilige Koran vertaal in die Afrikaanse taal [Afrikaans]

ware Christene erken die Bybel as God se onfeilbare Woord, volmaak soos dit aan Sy volk gegee is. Christene in naam het kruistogte uitgevoer en verskriklike gruweldade in die naam daarvan gepleeg - somtyds teen ander Christene wat ook slegs in naam Christene was geveg en soms die stryd gevoer teen diegene wat ander boeke as heilig geag het - hulle het geweld gepleeg wat deur die God van die Bybel as sonde beskou word.Een boek word deur meer as 1,6 miljard mense wat vandag leef as heilig geag en beweer dat dit daardie boek is, nie die Bybel nie, wat die finale, volmaakte en onfeilbare bron van goddelike openbaring is. Daardie boek, die Koran, is ook deur die eeue heen gebruik in 'n poging om die gewelddadige optrede wat deur die Bybel en ware Christene veroordeel word as sonde, te regverdig.Moslems en Christene behoort albei te verstaan wat die Bybel daaroor s?. Moslems in besonder, kan dalk verras wees oor wat die Koran werklik te s? het oor die Bybel.Die godsdiens agter die KoranIslam is die tweede grootste godsdiens ter w?reld. Hulle het die grootste konsentrasie aanhangers in die Midde-Ooste en Noord-Afrika, waar meer as 93% van die meer as 340 miljoen bevolking Moslems is. Die grootste getal Moslems is egter buite die Midde-Ooste, met meer as 'n miljard in Suid- en Suidoos-Asi?, waar hulle ongeveer 25% van die bevolking uitmaak. Indonesi? het die w?reld se grootste Moslem-bevolking, met meer as 200 miljoen aanhangers. Saoedi-Arabi?, die tuiste van die godsdiens, het maar net 25 miljoen aanhangers.Mohammed, wie deur die Moslems as die laaste profeet van God beskou word, rapporteer sy eerste openbaring in 610 n.C. - 'n openbaring wat volgens hom van die aartsengel Gabri?l gekom het - waarna hy voortgegaan het om openbarings wat oor die laaste twee dekades van sy lewe strek, aan te teken. Hierdie openbarings is na sy dood in die dokument gekodifiseer wat nou bekend staan as die Koran.Die twee hedendaagse hoofvertakkings van Islam is die Sunni en Shi'a, wat hulle verskillende geslagregisters terugspoor tot by 'n opvolgingsgeskil tussen Mohammed se eerste volgelinge. Sji?tiese Moslems sien Mohammed se skoonseun en neef Ali, as die godsdiens se eerste regmatige kalief (godsdienstige hoof van die staat). Sunni-Moslems aanvaar die gesag van die eerste drie leiers: Abu Bakr, Umar en Uthman wat die gemeenskap gelei het na Mohammed se dood! Die twee vertakkings verskil ook in hulle regsgeleerdheid en maak staat op verskillende hadith ("gesegdes" van Mohammed en sy metgeselle), wat in die tiende eeu n.C. saamgestel is om 'n presedent in godsdienstige geskille te skep.Hoewel Moslems erkenning verleen aan baie kenmerkende name vir God, name wat gebaseer is op verskillende goddelike eienskappe, word Allah hoofsaaklik deur hulle gebruik. Dit is 'n woord wat aan die Arabiere bekend was in die pre-Islamitiese tyd, soos ons kan sien uit die naam van Mohammed se vader, Abd-Allah, wat "dienaar van God" beteken. Die Koran bestaan uit 114 hoofstukke of Sura, wat elkeen veronderstel is om 'n openbaring van Allah, deur 'n engel, te wees. Dit is egter eers teen die einde van Mohammed se lewe en kort daarna opgeteken (die laaste teks is vermoedelik geskryf gedurende die kalifaat van Umar).'n Hele paar honderd jaar voor Mohammed is die 22 Hebreeuse boeke van die Ou Testament (in 39 verdeel in die Christelike uitgawes) en die 27 Griekse boeke van die Nuwe Testament gekodifiseer - gekanoniseer - as die Christelike Bybel. Mohammed is heel moontlik tydens sy reise saam met sy oom, 'n handelaar, onvermydelik regoor die hele Midde-Ooste blootgestel aan baie mense wat 'n belydende geloof in die Bybel gehad het met sy duidelike boodskap van een soewereine God wat in skrille kontras was met die baie gode wat deur die verskillende Arabiese stamme aanbid was.

Recommended

Format: Paperback

Temporarily Unavailable

We receive fewer than 1 copy every 6 months.

Customer Reviews

0 rating
Copyright © 2025 Thriftbooks.com Terms of Use | Privacy Policy | Do Not Sell/Share My Personal Information | Cookie Policy | Cookie Preferences | Accessibility Statement
ThriftBooks ® and the ThriftBooks ® logo are registered trademarks of Thrift Books Global, LLC
GoDaddy Verified and Secured