Dis koel hier in die groenteboord
waar die klam grond ons omvou.
Kom lees saam oor ons, woord vir woord,
hoe ons ryp word net vir jou
Die Groentetuin is 'n jong kind se eerste kennismaking met groente en waar hulle vandaan kom. Kom ontmoet elke groente in sy eie hoekie van die groentetuin en word ge nspireer om van al die kleure te eet, want die groente in "Die Groentetuin" wil net kleurvol, geurig en gesond wees vir wanneer hulle gepluk word. Propvol kleurvolle illustrasies van geurige groentes, "Die Groentetuin" kan enige kind opgewonde maak oor groente
Hierdie boek is Ansie- en Christina van Deventer, 'n ma-en-dogter-span, se eerste gesamentlike uitgawe.