Greti Strauss word groot op 'n plaas in die Vrystaat. Alhoewel sy die plaaslewe baie geniet, is haar grootste begeerte om haar LLB-graad te bekom aan die universiteit van Pretoria.
Na Matriek gaan werk sy in die poskantoor en saans in 'n kafee om genoeg geld te spaar sodat sy universiteit toe kan gaan. Wanneer sy twee jaar later vanuit 'n onbekende oord finansi le hulp aangebied word om haar droom te bewaarheid, gryp sy dit met albei hande aan...