Die boek gaan oor 'n wanaangepaste 18-jarige seun wat kort n sy 18de verjaarsdag van sy ouerhuis vir die langarm van die gereg moet vlug. Hy en sy hond Oudien beland op 'n plaas in die suide van Suidwes waar hy probeer om 'n nuwe lewe vir hulle te skep.Ongelukkig gryp die noodlot in en hy moet opnuut die nag invlug. Hy kies koers na die verlate Namib waar hy by die Tsarisberge beland. Speurders en 'n onervare polisieman is egter op sy spoor in die...